0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (5)
  • R250 - R500 (1)
  • R500 - R1,000 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 8 of 8 matches in All Departments

Terreur En Bevryding - Die ANC/SAKP, Die Kommunisme En Geweld (1961-1990) (Afrikaans, Paperback): Leopold Scholtz Terreur En Bevryding - Die ANC/SAKP, Die Kommunisme En Geweld (1961-1990) (Afrikaans, Paperback)
Leopold Scholtz
R300 R240 Discovery Miles 2 400 Save R60 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Wie die ANC vandag wil verstaan, moet sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en sy optrede in ballingskap ondersoek. Dié party se beleid en manier van regeer is naamlik diep beïnvloed deur die kommunisme, skryf die politieke kommentator Leopold Scholtz.

In Terreur en bevryding toon hy aan hoe die SAKP reeds in 1927 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer en mettertyd die leiding daarvan oor te neem as deel van ’n revolusie wat in twee fases sou plaasvind. Die eerste fase sou ’n nasionaal demokratiese revolusie wees – ’n konsep wat steeds deel is van die ANC se beleid. In die tweede fase sou die alliansie ’n Marxisties-Leninistiese “diktatuur van die proletariaat” in Suid-Afrika vestig. Volgens Scholtz sou dit ’n immorele stelsel met beperkte vryheid meebring.

Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was. Hoewel die ANC na buite demokrasie voorgestaan het, was daar ’n groot gebrek daaraan binne die alliansie en ernstige menseregtevergrype het in sy buitelandse kampe en basisse plaasgevind. Scholtz toon voorts aan hoe die ANC/SAKP-alliansie in ballingskap gekenmerk is deur ’n dodelike kombinasie van erge interne intoleransie en onbekwaamheid, asook selfverryking en korrupsie deur ’n groot deel van die leiding.

In groot mate is dit vandag steeds kenmerkend van die ANC/SAKP.

Die SAW En Cuito Cuanavale - 'n Taktiese En Strategiese Analise (Afrikaans, Paperback): Leopold Scholtz Die SAW En Cuito Cuanavale - 'n Taktiese En Strategiese Analise (Afrikaans, Paperback)
Leopold Scholtz
R310 R248 Discovery Miles 2 480 Save R62 (20%) Ships in 5 - 10 working days

In 1987–1988 was die stowwerige Angolese dorpie Cuito Cuanavale die toneel van die laaste gevegte van die Grensoorlog. Sedertdien is dit die fokuspunt van ’n openbare debat oor wie eintlik hierdie oorlog gewen het.

Die leierskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) hou vol hulle is nooit verslaan nie, terwyl die alliansie van die Angolese MPLA-regering, Kuba en Swapo beweer hulle het die SAW uit Angola en Suidwes-Afrika verdryf. Hulle glo voorts die SAW wou Cuito Cuanavale beset en as afspringplek gebruik om Luanda in te neem.

Maar was Cuito Cuanavale ooit regtig ’n doelwit vir die Suid-Afrikaners? Dit is die vraag wat Leopold Scholtz vra wanneer hy onlangs gedeklassi-fiseerde dokumente in die weermagargief bestudeer en die taktiese en strategiese besluite ondersoek wat ’n bepalende rol in die ses groot veldslae van dié veldtog gespeel het.

Sy kritiese ontleding wys hoe maklik propaganda en politiek in die pad van feite kan staan.

Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van Charlie-eskadron (Afrikaans, Paperback): Leopold Scholtz Ratels Aan Die Lomba - Die Storie Van Charlie-eskadron (Afrikaans, Paperback)
Leopold Scholtz 4
R295 R236 Discovery Miles 2 360 Save R59 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Op 3 Oktober 1987 het Charlie-eskadron – die ystervuis van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep – die kritieke geveg tussen die Suid-Afrikaanse Weermag en die Angolese magte op die Lombarivier in die suide van Angola gelei. Dié boek plaas die leser in die midde van die jong dienspligtiges wat na die Grensoorlog weggevoer is om hierdie geveg te gaan voer.

Langs die Lomba het hulle te staan gekom teen ’n Angolese mag met ’n getalsoorwig en beter wapentuig. Boonop was die terrein so dig bebos dat hul sig en beweging aansienlik ingeperk is. Die SAW se taktiese doktrine het duidelik gestel dat tenks teen tenks aangewend moes word. Tog moes die dienspligtiges die Angolese tenks aanvat in pantservoertuie met minder kragtige kanonne en dun pantser wat nie veel meer as gewone geweervuur kon afweer nie. Steeds is 47 Brigade van die Angolese magte amper uitgewis tydens die geveg aan die Lomba.

Scholtz se beskrywing van hierdie David-teen-Goliath-geveg neem die leser na die hart van die aksie. Danksy onderhoude met veterane en dagboekinskrywings dra hierdie eerlike, intense hervertelling die volle drama van die geveg oor. Dit is ook ’n diep menslike verhaal oor hoe individue reageer in die aangesig van die dood en hoe die oorlog hulle nooit uit sy kloue gelaat het nie, selfs nadat hulle teruggekeer het.

The SADF And Cuito Cuanavale - A Tactical And Strategic Analysis (Paperback): Leopold Scholtz The SADF And Cuito Cuanavale - A Tactical And Strategic Analysis (Paperback)
Leopold Scholtz 4
R295 R236 Discovery Miles 2 360 Save R59 (20%) Ships in 5 - 10 working days

In 1987–1988 the dusty Angolan town of Cuito Cuanavale was the backdrop for the final battles of the Border War. Ever since the war ended, the fighting around Cuito has been the subject of a fierce public debate over who actually won the war.

While the leadership of the former South African Defence Force (SADF) claims it was never defeated, the supporters of the Angolan MPLA government, Cuba and SWAPO insist that the SADF was vanquished on the battlefield. They contend that the SADF wanted to overrun Cuito Cuanavale and use it as a springboard for an advance on Luanda.

But was Cuito Cuanavale ever really an objective of the SADF? Leopold Scholtz tackles this question by examining recently declassified documents in the SANDF archives, exploring the strategic and tactical decisions that shaped the six main battles, from the SADF’s stunning tactical success on the Lomba River to the grinding struggle for the Tumpo Triangle.

His incisive analysis untangles what happens when war, politics and propaganda become entwined.

Waarom die Boere die oorlog verloor het (Afrikaans, Hardcover): Leopold Scholtz Waarom die Boere die oorlog verloor het (Afrikaans, Hardcover)
Leopold Scholtz
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 4 - 8 working days

Die geykte antwoord, dat die Britte baie sterker as die Boere was, het die historikus nie tevrede gestel nie. Aan Britse kant is die strategiese en operasionele denke van die opperbevel al volledig beskryf. Die teorie van die krygswetenskap het intussen soveel ontwikkel dat die gebeure van 1899-1902 vandag in baie beter perspektief geplaas kan word. Aan Boerekant is die strategiese, taktiese en operasionele denke van die Boeregeneraals nog nooit volledig ondersoek nie. In hierdie werk van Scholtz word die strategiese en operasionele hoofmomente van die oorlog in die lig van die moderne krygswetenskap ontleed en 'n antwoord verstrek op die eenvoudige vraag waarom die Boere die oorlog verloor het.

Beroemde Suid-Afrikaanse krygsmanne (Afrikaans, Hardcover): Leopold Scholtz Beroemde Suid-Afrikaanse krygsmanne (Afrikaans, Hardcover)
Leopold Scholtz
R263 Discovery Miles 2 630 Ships in 4 - 8 working days

'n Boeiende beeld van krygsverrigtinge binne en buite Suid-Afrikaanse grense in die loop van byna 500 jaar. Hier is besielende verhale van moed en heldedom – maar ook verhale van broedertwis en verraad, met figure en gebeure so uiteenlopend soos die Boereoorlog en generaal Christiaan de Wet; Dan Pienaar in die westelike Sahara; Bob Rogers en kolonel Koos van Heerden en Taakmag Zulu.

The South African Defence Forces in the Border War 1966-1989 (Paperback): Leopold Scholtz The South African Defence Forces in the Border War 1966-1989 (Paperback)
Leopold Scholtz
R1,094 R871 Discovery Miles 8 710 Save R223 (20%) Ships in 9 - 15 working days

The SADF in the Border War 1966-1989 offers the first comprehensive analysis of the South African Defense Force's role in the Border War in Namibia and Angola since the end of this conflict in 1989. It investigates the causes of the Border War and follows its progress and escalation in the 1980s. It also considers the broader international context against which this conflict took place. The author brings vital new information to light gained from documents which have since been declassified. This includes documents from the State Security Council, the department of foreign affairs, the SADF itself, as well as from the Cuban and Soviet governments. It sheds light on the objectives of the National Party government in both Angola and the former Southwest Africa, the SADF's strategy in the war and its cross-border operations in Angola. To sketch as complete a picture as possible of individual operations, the author not only interviewed several high ranking SADF officers, but also included information from the Cuban archives and testimonies of Cuban and Russian officers. All the major operations and battles are discussed, including Savannah, Reindeer, Sceptic, Protea and Moduler, as well as the battles of Cassinga and Cuito Cuanavale. Where a battle had no clear winner, the author asks what the aim was of each of the parties involved and whether they succeeded in achieving that goal. In this way, he offers fresh perspectives on long-running and often controversial debates, for instance on who won the battle of Cuito Cuanavale. In the last chapter, the author looks at the objectives of all the parties involved in the war and whether they achieved them. In the process he tries to answer the all-important question: Who won the Border War?

Ratels on the Lomba - The Story of Charlie Squadron (Paperback): Leopold Scholtz Ratels on the Lomba - The Story of Charlie Squadron (Paperback)
Leopold Scholtz
R633 R519 Discovery Miles 5 190 Save R114 (18%) Ships in 9 - 15 working days

Charlie Squadron - the iron fist of the South African Defense Force's 61 Mechanised Battalion Group - led the way on 3 October 1987 during the climactic battle on the Lomba River in Southern Angola. Not only were they up against a vastly superior force in terms of numbers and weaponry, but they also had to deal with a terrain so dense that both their movement and sight were severely impaired. Despite this, the squadron nearly wiped out the Angolan forces' 47 Brigade. In Battle on the Lomba, the reader is taken to the heart of the action in a dramatic recreation based on interviews, diary entries and Facebook contributions by members of Charlie Squadron. It is an intensely human story of how individuals react in the face of death.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Lucky Define - Plastic 3 Head…
R499 R397 Discovery Miles 3 970
Poor Things
Emma Stone, Mark Ruffalo, … DVD R449 R329 Discovery Miles 3 290
Snappy Tritan Bottle (1.5L)(Green)
R229 R180 Discovery Miles 1 800
Cacharel Noa Eau De Toilette Spray…
R2,328 R1,154 Discovery Miles 11 540
Hoff the Record
DVD  (2)
R24 Discovery Miles 240
Baby Dove Soap Bar Rich Moisture 75g
R20 Discovery Miles 200
Harry Potter Wizard Wand - In…
 (3)
R830 Discovery Miles 8 300
Mediabox NEO TV Stick (Black) - Netflix…
R1,189 Discovery Miles 11 890
Sudocrem Skin & Baby Care Barrier Cream…
R70 Discovery Miles 700
Summit Double Action Pump
R160 R145 Discovery Miles 1 450

 

Partners